Eed op die Kaatsbaan

Die Eed op die Kaatsbaan (Frans: Le serment du Jeu de paume) was 'n gebeurtenis tydens die Franse Rewolusie wat op 20 Junie 1789 in die Salle du Jeu de paume by Versailles plaasgevind het waarin die 577 afgevaardigdes van die Derde Stand van die State-Generaal van 1789 deelgeneem het. In opstand teen die Franse Koning Lodewyk XVI het hulle 'n gesamentlik plegtige eed afgelê waarvolgens hulle nie uitmekaar sou gaan voor 'n nuwe grondwet geskryf is nie. Die eed, wat geen wetlike gesag gehad het nie, was simbolies baie belangrik.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search